
Hier is 'n klompie van ons leerlinge - so gelukkig en so afhanklik van die Here! Ons kan ook nie sonder een van ons dierbare onderwysers en tutors oorleef nie - hulle is God se engele wat Hy gestuur het om ons kinders te bederf, leer en te vertroetel!
Ons weet die Here seen ons tans met so baie geleenthede en soveel wonderlike mense dat ons net ons hande kan saamslaan. Ons weet ook Hy sal ons verder lei en versorg.
Ons bid al 'n geruime tyd vir 'n sentrum en tehuis van ons eie op Harties waar ons kinders 'n veilige leeromgewing maar ook uiteindelik 'n tuiste kan geniet. Daar is so 'n plek beskikbaar teen 'n spotgoedkoop prys om te huur tot ons 'n wonderwerk kry om dit te koop!!!. Hierdie huis het meer as 20 vertrekke waarvan 12 kamers 'n eie badkamer het - dit is so ideaal. As dit die Here se wil is sal ons graag soontoe wou trek.
Bid saam met ons vir wysheid - soos dit is met ons ouers se maandelikse skoolgelde wat reeds hoog is en met 'n fondsinsameling heir en daar, kan ons net die skool se maandelikse onkostes betaal. Dus, 'n eie tehuis (huur of koop) is byna onmoontlik - maar ons weet vir God is alles moontlik - bid saam met ons asseblief.
Gebed: (soos op ons facebook profiel: Sean-Jacques Van Zyl Kuierkidz / of Kuierkidz Leersentrum. )
40 Dae gebede vir Kuierkidz. Dag 24. Here Jesus ons het soveel wysheid nodig. Dinge gebeur en ons moet besluite neem. Lei ons om te weet wat om te doen, Here, want self weet ons nie. Ons kan NOU 'n fantastiese groot tehuis/sentrum op die dorp huur vir spotgoedkoop huur per maand (R5000) tot ons dalk self kan koop. U weet, as privaat skooltjie, ons kan skaars ons maandelikse onkostes dek soos dit is maar dis so 'n wonderlike geleentheid - Here help ons om te weet wat U wil is en wat ons moet doen - ons bid dit in Jesus se naam. Amen.
(As ouers/personeel meer inligting wil he, kontak my Rene' van Zyl by 082 396 4100)

















