ELKE KIND IS UNIEK 2022

Tydens die Kuierkidz Kersfunksie van 2022 het René Veertjie Coetzee vir elke kind by die sentrum 'n sertifikaat vir uitstekende prestasie of van verdienste gegee om elkeen se eie unieke gawes te besing. Elke ouer was in trane omdat hul kind soveel vir ander beteken - en ons dank die Here vir Veertjie vir haar insig en liefde vir ons spesiale kinders:  

Hier volg die bewoording: 


Sean-Jacques van Zyl: is God se liefde in aksie, hy kyk met sy hart en voel met sy oë. Hy is die sement wat ons tutors en kids bymekaar hou - en sy happiness duur n leeftyd.

Lourens Steynberg: God het geweet ons het jou nodig, dankie vir jou pragtige humorsin en liefde in ons lewe. Almal is lief vir jou.

Joshua van Niekerk: Jy is n geskenk uit die hemel, n kosbare pasella om te koester en lief te hê. Mooi aangepas, trots op jou.

Jaycee Coetzee: Jy  is ons warrelwind, ons sonskynkind. Kuierkidz se hart se punt. Jaycee is onvervangbaar.


Kgotso Lebethe: Kgotso learns as he plays, most importantly in play he learns how to learn. Well done, Kgotso!


Wikus du Piesanie: Wikus mag jy so sterk wees soos n huis, so dapper soos "Captain America", so gefokus op die belangrike dinge soos "spiderman" so slim en vol selfvertroue soos Iron Man, n ware heer net soos Thor en so lief vir ons almal soos Superman.

Frans Jooste: Frans het n lied binne in hom, en ons by Kuierkidz werk om die volume oop te draai. Geniet jou musiek, Frans, want die tutors en maats geniet dit baie.

Eli Abbot: he teaches us: Why fit in when you were born to stand out! 

Mateo den Ouden: Al wat Mateo nodig het om gelukkig te wees is tyd, lag en liefde. Suksesvol gaan slaap hy saans met sy siel vol vrede.

Omphile Meza: Omphile is our greatest teacher, from him we learn some of life's most valuable qualities: Patience, curiosity, kindness, trust, and most importantly he teaches us what it means to love and be loved unconditionally.

Bula Landman: Dit wat Bula op ons tutors en maats se harte skryf, kan die hand van die wêreld nooit uitvee nie. 

Bophelo Ramanotsi is the beauty of God present in the world, that is a great gift to Kuierkidz and his family. 

Johine Oelofse. Waar sal ek jou bêre? In my suikerpot want jy is sweet, in my blompot want jy is pragtig, in my hankas want jy is smart, nee ek bêre jou in my hart want jy is kosbaar.

Rea Moabi: In Kuierkidz's life Rea, you are the sun that never fades and the moon that never wanes. Shine on, Rea.

Sibani Mbatha: a person's a person no matter how small. Sibani is the hands by which we take hold of heaven.


Tshepong Mogoase, the best way to make Tshepong good is to make him happy. He makes our lives important.

Thoriso Molisa: Kuierkidz gave Thoriso the best gift of all: believing in Thoriso.

Jacques Janse van Rensburg: Iemand soos jy is skaars. Daarom sê ons hier by Kuierkidz dankie vir kosbare oomblikke saam met jou. 

Christopher Baeta: Every child has a different learning style and space. Christopher is unique, not only capable of learning but also capable of succeeding. 

Zaiden Swanepoel: Die mooiste juwele om jou nek is die van kinderarmpies. Dankie Zaiden vir al jou drukkies. Jy is ons juweel.

Luis Baeta: One of the most powerful forces on earth is Luis's prayers. Our souls are healed by being with Luis. Keep up the good work. 

Tommie Smith: Tommie jy is JY - Dis waarder as waar, daar is niemand wat meer JY is nie as JY. En dis klaar.


No comments:

Post a Comment