Tuesday, February 16, 2016

2016 ONS IS NOU GROOT!

Kuierkidz Leersentrum vir Breingestremde kinders het hierdie jaar groot begin. Hulle het getrek vanaf Meerhofskool se perseel waar hul klein begin het met ses kinders en met baie gunste en gawes van Meerhofskool en die Hartbeespoort gemeenskap en besighede. In Januarie 2016 het hul in 'n huis in Schubartstraat ingetrek wat vroeer deur Este Joubert as 'n Altsheimers tehuis omskep is. Die huis met sy vele kamers en onderdak speelplek pas perfek in die sentrum se behoeftes aangesien ons nou spog met 24 kinders! 'n wonderwerk, dankie Here!
 Die skoolhoof, Rene' Coetzee, is in die hemel oor die nuwe sentrum en sy en haar personeel woel en werskaf behoorlik om vir hierdie spesiale kinders 'n heerlike tuiste te skep waar hul kan leer, speel en sosialiseer. Sy bedank graag Meerhofskool en almal wat in die verlede en hede so baie doen vir die Kuierkidz. Op die foto was hul op 'n uitstappie na die Schoemansville Oewerklub. Laasweek het ons kinders lekker perdgery en dit was groot pret.

 Kuierkidz beplan ook hul groot jaarlikse gholfdag vir 11 Maart by Seasons gholfklub en ons kort spelers en gatjie borge. Vir navrae kontak asb: kuierkidz101@gmail.com of selnommer: 0796269859












No comments:

Post a Comment