
Hier is 'n klompie van ons leerlinge - so gelukkig en so afhanklik van die Here! Ons kan ook nie sonder een van ons dierbare onderwysers en tutors oorleef nie - hulle is God se engele wat Hy gestuur het om ons kinders te bederf, leer en te vertroetel!
Ons weet die Here seen ons tans met so baie geleenthede en soveel wonderlike mense dat ons net ons hande kan saamslaan. Ons weet ook Hy sal ons verder lei en versorg.
Ons bid al 'n geruime tyd vir 'n sentrum en tehuis van ons eie op Harties waar ons kinders 'n veilige leeromgewing maar ook uiteindelik 'n tuiste kan geniet. Daar is so 'n plek beskikbaar teen 'n spotgoedkoop prys om te huur tot ons 'n wonderwerk kry om dit te koop!!!. Hierdie huis het meer as 20 vertrekke waarvan 12 kamers 'n eie badkamer het - dit is so ideaal. As dit die Here se wil is sal ons graag soontoe wou trek.
Bid saam met ons vir wysheid - soos dit is met ons ouers se maandelikse skoolgelde wat reeds hoog is en met 'n fondsinsameling heir en daar, kan ons net die skool se maandelikse onkostes betaal. Dus, 'n eie tehuis (huur of koop) is byna onmoontlik - maar ons weet vir God is alles moontlik - bid saam met ons asseblief.
Gebed: (soos op ons facebook profiel: Sean-Jacques Van Zyl Kuierkidz / of Kuierkidz Leersentrum. )


(As ouers/personeel meer inligting wil he, kontak my Rene' van Zyl by 082 396 4100)