Wednesday, August 26, 2015

KUIERKIDZ LEERSENTRUM 2015

KUIERKIDZ LEERSENTRUM 2015

Ons as ouers is so dankbaar vir al die ontwikkeling en groei wat in Kuierkidz gebeur het sedert ons nuwe hoof, Rene' Coetzee (links op foto), begin van 2014 by die skool oorgeneem het. Sy is direk van die Here gestuur en ons is geseend ver bo wat ons ooit gedink het ons kan wees.

Ons het hierdie jaar 16 kinders by die skool en byna soveel tutors en juffrouens! Party kom en gaan maar die Hemelse Vader sorg dat ons sentrum se wiele rol en die kinders word gestimuleer, geoefen en basiese lewensvaardighede geleer soos nerens waar ek al betrokke was nie. Rene Coetzee is nie verniet al aangewys as die beste skoolhoof in Gauteng nie - sy is haar gewig werd en al veg sy tussendeur nog die kankerduiwel - is haar gees en gesondheid positief en dryf sy die skool met geloof, hoop en liefde - ons kan nie genoeg dankie se nie! DAnkie vir elke tutor en helper wat elke dag soveel liefde en geduld  in ons kidz se lewens instort. Julle is soos engele vir ons en ons kinders. Ons het julle so nodig en kan nie genoeg dankie se nie. Dankie vir elke ander engel wat op ons pad kom en wat ons kidz bederf of omgee op welke wyse ook al. Mag die Here jul almal uit jul sokkies uit seen.

Met die fondsinsamelingsaksies gaan dit goed en ons word weereens hierin geseen - Hierdie jaar in Maart is reeds 'n suksesvolle gholfdag gehou wat weereens alle verwagtinge oortref het en die kids het dit behoorlik geniet om die dag op die gholfbaan en in die kiddies corner te speel terwyl die gholfspelers hulself besig hou met grootmensgoed!

Die Hartbeespoort Hengelklub het verlede naweek 'n groot 24 karpvang hengelkpmpetisie gehou by die Aquatic klub in Ifafi - ten bate van Kuierkidz en dit was 'n heerlike dag langs die viswaters van Hartbeespoortdam waartydens die kinders lekker bederf is.

Baie dankie aan elkeen wat ons Kidz so bederf en seen met wat ook al - julle is 'n riem onder die hart!!

Groete Rene' van Zyl


Dankie aan Hartbeespoort Hengelklub en Landmark wat ons elke jaar bederf met 'n groot hengelkompetisie.












Dankie aan Pick-a-Pay Hartbeespoort wat aan die Kuierkidz 'n grootskerm TV geskenk het.














Gholfdag 2015 Fotos: