Tuesday, February 16, 2016

2016 ONS IS NOU GROOT!

Kuierkidz Leersentrum vir Breingestremde kinders het hierdie jaar groot begin. Hulle het getrek vanaf Meerhofskool se perseel waar hul klein begin het met ses kinders en met baie gunste en gawes van Meerhofskool en die Hartbeespoort gemeenskap en besighede. In Januarie 2016 het hul in 'n huis in Schubartstraat ingetrek wat vroeer deur Este Joubert as 'n Altsheimers tehuis omskep is. Die huis met sy vele kamers en onderdak speelplek pas perfek in die sentrum se behoeftes aangesien ons nou spog met 24 kinders! 'n wonderwerk, dankie Here!
 Die skoolhoof, Rene' Coetzee, is in die hemel oor die nuwe sentrum en sy en haar personeel woel en werskaf behoorlik om vir hierdie spesiale kinders 'n heerlike tuiste te skep waar hul kan leer, speel en sosialiseer. Sy bedank graag Meerhofskool en almal wat in die verlede en hede so baie doen vir die Kuierkidz. Op die foto was hul op 'n uitstappie na die Schoemansville Oewerklub. Laasweek het ons kinders lekker perdgery en dit was groot pret.

 Kuierkidz beplan ook hul groot jaarlikse gholfdag vir 11 Maart by Seasons gholfklub en ons kort spelers en gatjie borge. Vir navrae kontak asb: kuierkidz101@gmail.com of selnommer: 0796269859












Wednesday, February 3, 2016

2016: JAAR VAN WONDERWERKE!


Ons by Kuierkidz droom groot hierdie jaar - ons is in ons nuwe huis in Schubert straat, Melodie, ingetrek en ons het 23 kinders in die sentrum. Ons kan ons Hemelse Vader nie genoeg bedank nie want dis so heerlik koel daarbinne, met soveel spasie en klaskamers. Dit voel vir ons soos hemel.
Ons kan ook nooit genoeg dankie se vir Meerhofskool wat ons soveel jare ondersteun het en 'n tuiste gebied het toe ons niks gehad het nie.
Hierdie is 'n stap in die rigting van vlerker sprei, groter word en groei - alhoewel dit vir ons 'n stap in die donker is, het die Here die pad oopgemaak en ons kan die perseel huur teen 'n goedkoop prys (dankie Este Joubert). Ons droom is nou om die plekkie te kan koop. Vir ons is dit baie geld maar vir ons hemelse Vader is R2.3 miljoen niks nie! Ons glo en vertrou dat God ons sal seen hiermee. Die sentrum kan later uitbrei na 'n oorslaap fasiliteit wat net so 'n groot behoefte is.
Ons het begin met gereelde Vrydag uitstappies en dit is moontlik om dat oom Johannes se bus ons kinders vervoer - met rolstoele en al - dankie vir Graham Peplar en die Schoemansville oewerklub vir jul gasvryheid.
Hier is 'n paar foto's van ons kinders op verlede Vrydag se uitstappie. Dankie vir elke juffrou en tutor wat ons kinders se lewens so verryk. Julle is engele!