Kuierkidz Leersentrum vir
Breingestremde kinders het hierdie jaar groot begin. Hulle het getrek vanaf
Meerhofskool se perseel waar hul klein begin het met ses kinders en met baie
gunste en gawes van Meerhofskool en die Hartbeespoort gemeenskap en besighede.
In Januarie 2016 het hul in 'n huis in Schubartstraat ingetrek wat vroeer deur
Este Joubert as 'n Altsheimers tehuis omskep is. Die huis met sy vele
kamers en onderdak speelplek pas perfek in die sentrum se behoeftes aangesien ons nou spog met 24 kinders! 'n wonderwerk, dankie Here!
Die
skoolhoof, Rene' Coetzee, is in die hemel oor die nuwe sentrum en sy en haar
personeel woel en werskaf behoorlik om vir hierdie spesiale kinders 'n heerlike
tuiste te skep waar hul kan leer, speel en sosialiseer. Sy bedank graag
Meerhofskool en almal wat in die verlede en hede so baie doen vir die
Kuierkidz. Op die foto was hul op 'n uitstappie na die Schoemansville
Oewerklub. Laasweek het ons kinders lekker perdgery en dit was groot pret.
Kuierkidz beplan ook hul groot jaarlikse gholfdag vir 11 Maart by
Seasons gholfklub en ons kort spelers en gatjie borge. Vir navrae kontak asb: kuierkidz101@gmail.com
of selnommer: 0796269859