Monday, June 2, 2014

KUIERKIDZ 2014 HOOGTEPUNTE SOVER!

AS jy ons onlangs gekontak het, en nog nie 'n antwoord ontvang het nie - kontak asb weer - daar was 'n effense tegnologiese probleempie en ons kontakinfo is aangepas!! Nuutste nuus: Ons het 2014 afgeskop met 'n "BANG" met ons jaarlikse gholfdag! Ons was so geseend - veral toe dit aanvanklik gelyk het of die hele dag gaan uitreen! Maar God het ons gebede verhoor en ons het alle rekords oorskrei!
En dan was daar die heerlike uitstappie na ons plaaslike filmstel-dorpie, PRETVILLE! Kyk net hoe het almal dit geniet!!














KUIERKIDZ: NUWE KONTAK INLIGTING!

Hiermee wil ons net nuwe kontak inligting deurgee vir almal wat ons Sentrum wil kontak of besoek. Kyk gerus hierbo na al die basiese inligting. Telefoonnommers is as volg: 

Rene' Coetzee (Hoof/Raadgewend): 082 789 2572
Wendy de Wet (Admin): 072 158 2484
Ilze van Coller (Fondsinsameling): 079 886 9347
Algemeen navrae: 079 626 9859


 

Monday, November 12, 2012

KUIERKIDZ Sê DANKIE!



Met die jaar 2012 wat op sy kop lê wil die beheerraad namens die kinders van die Kuierkidz leersentrum vir Breingestremde kinders graag dankie sê aan Hartbeespoorters wat hul deur die jaar goedgesind was. Meerhofskool en mev. Rita Burgers verdien die grootste dank vir hul onbaatsugtige liefde en diensbaarheid. Hulle het die Kuierkidz uitgehelp met 'n stukkie grond om hulself uit te leef toe daar geen uitkoms vir die sentrum was nie en doen so voort; daarom sê ons dankie vir ons Hemelse Vader vir mense soos Mev. Burgers en haar beheerliggaam wat ons ’n plek gun sonder eise en voorwaardes om ons gestremde kinders te kan bedien.
Dan is daar 'n magdom individue en organisasies wat te veel is om op te noem waarsonder Kuierkidz nooit sou kon oorleef nie; die Kuierkerk en sy mense wat ons aanvanklik op die been gehelp het en steeds hulp verleen, asook die Kormorant en sy personeel wat altyd gewillig is om te help met reklame of beriggewing. Ons het mense soos Yolanda le Roux wat sonder vergoeding drie keer per week inry vanaf West Lake om te help met die praktiese oefening en ontwikkelingsprogram van sekere kinders. Ons onderwysers verdien groot dank wat werk met liefde en geduld en vir ’n relatief klein salaris om hierdie spesiale kindertjies te help om optimaal te funksioneer. Ons sê dankie aan mense soos dr. Hermie Burgers en dr. Cas Olivier wat op ons beheerliggaam dien en kosbare raad en hulp verleen. Diana Reynecke verdien dank omdat sy ons met ons finansies en boekhouding bystaan.
Kuierkidz is 'n niewinsgewende organisasie en is afhanklik van donasies en fondsinsamelings projekte om maandeliks te kan oorleef en sonder elke Hartbeespoorter se goedgesindheid kan ons nie die mas opkom nie. Dankie vir elkeen se oop hand en hart. Hierdie jaar het organisasies soos Jakaranda, Castrol en Dreamteam ook 'n groot poging aangewend om ons kinders te bederf en fondse te bewillig. Dankie daarvoor.
Kuierkidz verdeel vanaf 2013 in drie dele: 'n kleuterskool, skool en 'n volwasse sentrum. Ons nooi graag belangstellendes om op 23 November tussen 15:00 -16:00 te kom inloer en ons kersmark te besoek. Ons spog met ons gestremde leerders se eie handwerk en kersversierings wat ons gaan verkoop.
Dankie vir elke persoon wat ons deur die jare goedgesind was en ondersteun het. Ons dank veral ons Hemelse Vader vir Sy beskerming en liefde.

Groete,
René van Zyl
(Namens die Beheerliggaam van Kuierkidz)       

Friday, October 19, 2012

2012 'n Jaar vol Heerlike verrassings!

Die jaar is nog beslis nie verby nie maar sover kan ons net vir die Here dankie sê vir elke oop hand en elke bietjie hulp wat ons van die gemeenskap ontvang het. Daar was so baie hoogtepunte.

Ons het vroeg die jaar afgeskop met ons jaarlikse Gholfdag by die Brits gholfbaan in Maart! So baie helpende hande en spelers het ons daardie dag geseën met hul liefde en vrygewigheid. Dit was die tweede gholfdag wat deur die vriende van Kuierkidz gereel is met baie hulp van die personeel en ouers. Ons het pryse ontvang van al wat leef en hierdie dae word baie gewild onders Hartbeespoort se inwoners asook heelwat mense van Johannesburg en Pretoria.

Ons tweede groot aksie was die jaarlikse moderne Bybelse Musiekblyspel, King David and his eight wives, by die Kuierkerk op Hartbeespoort! Dit is soos gewoonlik geskryf deur myself (René van Zyl) en hierdie jaar het Doreen Coetzee gehelp met die regisseurwerk en die afrigting van die spelers. Dit was 'n reuse sukses en die spelers wat almal al so goed ken, het hulself goed gekwyt van hul taak. Die sang en toneelspel was uit die boonste rakke. Esmé Walker het soos gewoonlik die dekor hanteer en dit was lieflik. Almal het uit die toneelstuk gestap met 'n beter en meer empatieke verstaan van die rolspelers in die tyd van koning Dawid. Volgende jaar sal ons Koningin Ester aanpak, 'n kleurvolle fees vir die oog wat afspeel in Persië! My vingers juk al behoorlik om te begin skryf. Dit gaan vol humor en aksie wees! Dit sal weer die begin van Junie plaasvind.
Hierdie foto's kom uit die Dawid musiekblyspel by die Kuierkerk. Dit is 'n jaarlikse instelling en winste gaan aan Kuierkidz.








Bruce McKay was die mallerige koning Saul in die Koning Dawid musiekblyspel wat ten bate van Kuierkidz aangebied word.

Yolanda le Roux (links) is 'n groot hulp by die skool en offer so baie van haar tyd op om ons kinders te leer en te help. Jy is 'n engel! Langs haar is Charlie Brits, die voorsitter van ons Beheerliggaam en 'n fenominale vrou waarsonder ons nooit sou klaar kon kom nie! Dankie julle!

Dan was daar in Oktober die aksie wat gereel was deur Castrol Magnatek, Jakaranda en Dreamteam sommer by ons skooltjie. 'n Hele klomp mense het afgekom na ons plekkie en het die hele skool in'n partytjieplek omskep! Die kinders, personeel en ouers is bederf met lekker eetgoed, presente, skenkings aan die skool en almal was gedaan gespeel aan die einde van die dag - ook die personeel van die drie organisasies wat betrokke was! Baie dankie julle almal, dit was groot bederf!



 Die nar van Castrol het sy eerste optrede hier by Kuierkidz aangepak en dit was 'n vuurdoop! Hy het hom goed van sy taak gekwyt en net gelag! Die kinders was mal oor hom. Baie dankie!


Ons sien met afwagting uit na 2013 en die moontlikheid van ons eie perseel en geboue - mag die Here ons goedgesind wees en die balle wat reeds aan die rol gesit is, momentum gee sodat ons binnekort ons skool kan uitbrei na 'n voorskool, skool en na-skool fassiliteit! Prys die Here want hy is so goed vir ons en ons kindertjies!

2013: Hier kom ons!!


Wednesday, June 8, 2011

SAMSON, THE LION OF GOD!




Kuierkidz would like to thank every person who was involved in the community play, Samson, the Lion of God in Hartbeespoort. It was absolutely amazing. The story of Samson starring the legendary music of Queen was very striking. We can't thank the producers, Christian Musical production company, enough as well as Kuierkerk in the Xanadu shopping mall for giving us the venue to stage the play. All profits went to Kuierkidz and we are so grateful.

The singers, actors and dancers were amazing. Gilliaume Strydom as Samson was the great energy force behind the show. He kept that energy flowing up to the very end. The female vocalists, Belinda Walker and Gilliaumes' wife, Alberti, were beautiful. They are true divas of the stage. And the infamous general Zebul who undertook his first singing role, was so sexy! The teenage girls as well as the older cougars were on there feet when he started to sing!

Everybody of course loved the two jesters who told Samson's stories to everyone who wanted to listen. They were the real stars of the show! Of course no Samson story can do without a sexy Delilah and we had the best: Denné Trevorroux! We all can understand the poot Samson's dilemna after that performance, Denné!
She was hotter than hot!

Every actor, no matter how big his or her part, was so amazing. We thank every one of you for all the time and effort you have put into the play.
We hope to see you at the Aardklop Art festival in Potchefstroom in October 2011! It will be so great to see you back on stage!

Thank you for a truely amazing performance! We at Kuierkidz salute you! And we thank every person who worked in the cafeteria, backstage, who sold tickets and those who bought thickets! And the Kormorant newspaper who helped us in promoting the show. Kuierkidz will use the profits wisely for the education of our brain injurred children! May God bless you!

love
Rene van Zyl

Tuesday, March 15, 2011

SAMSON, THE LION OF GOD, A MUSICAL

BYBELSE MUSIEKBLYSPEL:
SIMSON, GOD SE LEEU.
Die ou verhaal van die Rigter, Simson, en sy Delila, kry nuwe lewe in hierdie Tragiese-Komedie. Simson probeer 'n plek vir homself en sy super-krag vind in dié romantiese verhaal van 'n eenvoudige gesin wat moet deel met hul seun se bonatuurlike gawe.


Wat sake bemoeilik is die geslepe Fillistyne (boonop Engels!) en hul meer geslepe Generaal, Zebul, wat Simson om elke hoek en draai wil uitoorlê. Dan is daar
die pragtige Filistynse vroue wat Simson mal maak en
die mooi buurdogter wat natuurlik sy Afrikaanse ouers se eerste keuse is.


Biggest problem of all: Samson has the enormous task, set
upon him by God, of saving his people from the Philistines.
The journey teaches Samson to trust on God alone and he eventually sacrifices his life in order to save his people.


A Hartbeespoort community play featuring local singers, dancers and actors, ages 5-50!
Also featuring the music of Queen and Laurika
Rauch among others.
WAAR:
Die Markplein (Kuierkerk)
Xanadu-Xing Shopping Centre. HARTBEESPOORT
13 & 14 May @ 19.00
KAARTJIES BESKIKBAAR:
1. Sediba plaza: Innovative
Hair design, HARTBEESPOORT.
2. Kuierkerk HARTBEESPOORT soggens Magda: 082 258 0970,
3. Esme’ Walker (n.u.): 073 147 9719


Adults: R80 and Kids R40.


All profits donated to Kuierkidz learning Center for Brain Injured Children, Meerhof

Friday, March 11, 2011

GOLF DAY MARCH 2011: IT WAS AWESOME!

This has never happened before! 130 player at the same time on the golf course! We at Kuierkidz would like to thank everyone who opened their hearts and gave us a day that we will never forget! It seems like we have made over R80 000 for our brain-injured kids! This is short of a miracle! Thank you so much!

(Hieronder is ons Kuierkidz kinders by die Gholfdag). En hier regs is die Bloubul gholf karretjie volgelaai met die kosbare mense wat ons so mooi gehelp het om die gholfdag te reel.)

Dankie aan elke speler, elke donateur, elkeen wat iets geskenk het, elke ouer en onderwyser en uitstaller wat betrokke was. Dankie aan almal, van die afslaer, die fotograaf, die sanger en almal wat hul tyd, geld, energie en hul dag opgeoffer het vir ons kinders. Hierdie geld gaan 'n groot hupstoot gee vir die Kuierkidz leersentrum en ons gaan dit aanwend vir nodige klaskamerveranderings, toerusting en salarisse!

'n Spesiale dank aan Rene' Coetzee, wat 'n maand lank al haar tyd elke dag vir Kuierkidz se saak gegee het - en baie nagte se slaap! Jy is 'n engel! HOe kan ons genoeg dankie sê?

Op hierdie foto regs is Mnr. SA 2010, Denver Burns, wat ook saamgespeel het. Hy het darem die prys gewen vir die MOOISTE vierbal, wat ook al dit is! Maar dit het beslis mooi gelyk as hy dit doen! En hieronder is ons organiseerder, Rene' Coetzee, 'n raakvatter sonder wie die dag nie kon gebeur nie! Langs haar (regs) is ons skoolhoof, Anelia Vorster! Baie dankie julle!