Wednesday, February 3, 2016

2016: JAAR VAN WONDERWERKE!


Ons by Kuierkidz droom groot hierdie jaar - ons is in ons nuwe huis in Schubert straat, Melodie, ingetrek en ons het 23 kinders in die sentrum. Ons kan ons Hemelse Vader nie genoeg bedank nie want dis so heerlik koel daarbinne, met soveel spasie en klaskamers. Dit voel vir ons soos hemel.
Ons kan ook nooit genoeg dankie se vir Meerhofskool wat ons soveel jare ondersteun het en 'n tuiste gebied het toe ons niks gehad het nie.
Hierdie is 'n stap in die rigting van vlerker sprei, groter word en groei - alhoewel dit vir ons 'n stap in die donker is, het die Here die pad oopgemaak en ons kan die perseel huur teen 'n goedkoop prys (dankie Este Joubert). Ons droom is nou om die plekkie te kan koop. Vir ons is dit baie geld maar vir ons hemelse Vader is R2.3 miljoen niks nie! Ons glo en vertrou dat God ons sal seen hiermee. Die sentrum kan later uitbrei na 'n oorslaap fasiliteit wat net so 'n groot behoefte is.
Ons het begin met gereelde Vrydag uitstappies en dit is moontlik om dat oom Johannes se bus ons kinders vervoer - met rolstoele en al - dankie vir Graham Peplar en die Schoemansville oewerklub vir jul gasvryheid.
Hier is 'n paar foto's van ons kinders op verlede Vrydag se uitstappie. Dankie vir elke juffrou en tutor wat ons kinders se lewens so verryk. Julle is engele!
























Tuesday, October 13, 2015

KUIERKIDZ SE DROOM!

Positiewe dinge gebeur so vinnig by Kuierkidz in 2015 dat ons net moet vashou of ons val af - en dit danksy Rene' Coetzee wat sedert begin 2014 haar wysheid en ondervinding as hoof met die Kidz kom deel het - wat gratis werk vir ons spesiale kinders! (Mag die Here jou uit jou sokkies uit seen!). Ons kinders het gegroei tot sowat 20 leerlinge en dit is ongelooflike seen vir ons sentrum. Tans is ons gelee by die Meerhof skool, op 'n area wat hul vir ons tot tyd en wyl beskikbaar stel en ons is sooo dankbaar teenoor hulle. Ons klaskamers is in pre-fab geboue - alles wat deur die gemeenskap vir ons gegee is. Maar ons sentrum groei so dat ons binnekort nie meer regtig daar gaan inpas nie.





Hier is 'n klompie van ons leerlinge - so gelukkig en so afhanklik van die Here! Ons kan ook nie sonder een van ons dierbare onderwysers en tutors oorleef nie - hulle is God se engele wat Hy gestuur het om ons kinders te bederf, leer en te vertroetel!





Ons weet die Here seen ons tans met so baie geleenthede en soveel wonderlike mense dat ons net ons hande kan saamslaan. Ons weet ook Hy sal ons verder lei en versorg.





Ons bid al 'n geruime tyd vir 'n sentrum en tehuis van ons eie op Harties waar ons kinders 'n veilige leeromgewing maar ook uiteindelik 'n tuiste kan geniet. Daar is so 'n plek beskikbaar teen 'n spotgoedkoop prys om te huur tot ons 'n wonderwerk kry om dit te koop!!!. Hierdie huis het meer as 20 vertrekke waarvan 12 kamers 'n eie badkamer het - dit is so ideaal. As dit die Here se wil is sal ons graag soontoe wou trek.

Bid saam met ons vir wysheid - soos dit is met ons ouers se maandelikse skoolgelde wat reeds hoog is en met 'n fondsinsameling heir en daar, kan ons net die skool se maandelikse onkostes betaal. Dus, 'n eie tehuis (huur of koop) is byna onmoontlik - maar ons weet vir God is alles moontlik - bid saam met ons asseblief.

Gebed: (soos op ons facebook profiel: Sean-Jacques Van Zyl Kuierkidz / of Kuierkidz Leersentrum. )

40 Dae gebede vir Kuierkidz. Dag 24. Here Jesus ons het soveel wysheid nodig. Dinge gebeur en ons moet besluite neem. Lei ons om te weet wat om te doen, Here, want self weet ons nie. Ons kan NOU 'n fantastiese groot tehuis/sentrum op die dorp huur vir spotgoedkoop huur per maand (R5000) tot ons dalk self kan koop. U weet, as privaat skooltjie, ons kan skaars ons maandelikse onkostes dek soos dit is maar dis so 'n wonderlike geleentheid - Here help ons om te weet wat U wil is en wat ons moet doen - ons bid dit in Jesus se naam. Amen.













 (As ouers/personeel meer inligting wil he, kontak my Rene' van Zyl by 082 396 4100)

Wednesday, August 26, 2015

KUIERKIDZ LEERSENTRUM 2015

KUIERKIDZ LEERSENTRUM 2015

Ons as ouers is so dankbaar vir al die ontwikkeling en groei wat in Kuierkidz gebeur het sedert ons nuwe hoof, Rene' Coetzee (links op foto), begin van 2014 by die skool oorgeneem het. Sy is direk van die Here gestuur en ons is geseend ver bo wat ons ooit gedink het ons kan wees.

Ons het hierdie jaar 16 kinders by die skool en byna soveel tutors en juffrouens! Party kom en gaan maar die Hemelse Vader sorg dat ons sentrum se wiele rol en die kinders word gestimuleer, geoefen en basiese lewensvaardighede geleer soos nerens waar ek al betrokke was nie. Rene Coetzee is nie verniet al aangewys as die beste skoolhoof in Gauteng nie - sy is haar gewig werd en al veg sy tussendeur nog die kankerduiwel - is haar gees en gesondheid positief en dryf sy die skool met geloof, hoop en liefde - ons kan nie genoeg dankie se nie! DAnkie vir elke tutor en helper wat elke dag soveel liefde en geduld  in ons kidz se lewens instort. Julle is soos engele vir ons en ons kinders. Ons het julle so nodig en kan nie genoeg dankie se nie. Dankie vir elke ander engel wat op ons pad kom en wat ons kidz bederf of omgee op welke wyse ook al. Mag die Here jul almal uit jul sokkies uit seen.

Met die fondsinsamelingsaksies gaan dit goed en ons word weereens hierin geseen - Hierdie jaar in Maart is reeds 'n suksesvolle gholfdag gehou wat weereens alle verwagtinge oortref het en die kids het dit behoorlik geniet om die dag op die gholfbaan en in die kiddies corner te speel terwyl die gholfspelers hulself besig hou met grootmensgoed!

Die Hartbeespoort Hengelklub het verlede naweek 'n groot 24 karpvang hengelkpmpetisie gehou by die Aquatic klub in Ifafi - ten bate van Kuierkidz en dit was 'n heerlike dag langs die viswaters van Hartbeespoortdam waartydens die kinders lekker bederf is.

Baie dankie aan elkeen wat ons Kidz so bederf en seen met wat ook al - julle is 'n riem onder die hart!!

Groete Rene' van Zyl


Dankie aan Hartbeespoort Hengelklub en Landmark wat ons elke jaar bederf met 'n groot hengelkompetisie.












Dankie aan Pick-a-Pay Hartbeespoort wat aan die Kuierkidz 'n grootskerm TV geskenk het.














Gholfdag 2015 Fotos:












 

Monday, June 2, 2014

KUIERKIDZ 2014 HOOGTEPUNTE SOVER!

AS jy ons onlangs gekontak het, en nog nie 'n antwoord ontvang het nie - kontak asb weer - daar was 'n effense tegnologiese probleempie en ons kontakinfo is aangepas!! Nuutste nuus: Ons het 2014 afgeskop met 'n "BANG" met ons jaarlikse gholfdag! Ons was so geseend - veral toe dit aanvanklik gelyk het of die hele dag gaan uitreen! Maar God het ons gebede verhoor en ons het alle rekords oorskrei!
En dan was daar die heerlike uitstappie na ons plaaslike filmstel-dorpie, PRETVILLE! Kyk net hoe het almal dit geniet!!














KUIERKIDZ: NUWE KONTAK INLIGTING!

Hiermee wil ons net nuwe kontak inligting deurgee vir almal wat ons Sentrum wil kontak of besoek. Kyk gerus hierbo na al die basiese inligting. Telefoonnommers is as volg: 

Rene' Coetzee (Hoof/Raadgewend): 082 789 2572
Wendy de Wet (Admin): 072 158 2484
Ilze van Coller (Fondsinsameling): 079 886 9347
Algemeen navrae: 079 626 9859